“Baie skerp tande” is nodig om korrupsie uit te roei, meen Lindiwe Sisulu, Minister van Staatsdiens en Administrasie.
Sy het ’n plan aangekondig om korrupsie in die staatsdiens hok te slaan.
Sy het gesê die armstes van die armes is daagliks die slagoffers van korrupsie. Korrupsie benadeel dienslewering.
Alle Suid-Afrikaners moet verenig teen bedrog en korrupsie,” het sy gesê.
Sy is besonder besorg oor die korrupsie, bedrog, wanadministrasie en onetiese gedrag van staatsamptenare wat met private maatskappye heul.
Dié plan bevat onder meer die volgende maatreëls:
Wetgewing en regulasies om ’n nuwe teen-korrupsie-eenheid genoeg mag te gee om oor al drie regeringsfere ondersoeke te doen, klagtes te bring en amptenare te tug. Die eenheid sal forensiese ouditeurs, spesia¬lis-ondersoekbeamptes en aanklaers bevat.
’n Nuwe nasionale tug-¬eenheid in die Departement van Staatsdiens en Administrasie om alle tugsake te monitor.
Gereelde leefstyl-oudits en finansiële status-oudits van almal wat betrokke is by die bestuur van staatsgeld en betrokke is by tenders.
’n Elektroniese private belange-verklaring stelsel.
’n Nasionale multimedia-veldtog om die publiek en private maatskappye in te lig.
Waarnemers is van oordeel dat die nuut aangekondigde maatreëls van geen waarde sal wees nie aangesien diegene wat die wette moet toepas, geen noemenswaardige resultate sal lewer nie.
Die feit dat Suid-Afrika nie oor die vermoë beskik om ’n eerbare polisiehoof aan te stel nie, spreek boekdele.
’n Oud polisiebeampte het gesê die tande kan so skerp soos skeermes lemmetjies wees, maar as dit nie gebruik word nie, is dit nutteloos.
Die Minister van Departement Staatsdiens is reeds voor stok gekry oor spandabelrigheid met die 166 dae in duur hotelle, het hy gesê.
Goeiedag Boere,
As ek dit nie mis het nie was Lindiwe mos self ‘n ruk gelede aangespreek oor privaat-vlugte met die (Nuwe?) SA Lugmag se stralers? Was sy nie toe Minister van Verdediging nie?
Ek wonder of hierdie maatreels van haar enigsins verskil van die funksies wat die sg. “Skerpioene” gehad het, voordat hulle juis deur die huidige president met die sg. “Valke” vervang was.
As sy regtig ernstig is om korrupsie uit te roei, sou ek aanbeveel dat sy eerstens heelbo by die president begin. As haar kop daarna nog op sy plek sit, sal sy stelselmatig al die vlakke een-vir-een laer af moet gaan om die korrupsie ondertoe ook uit te roei.
Ek glo nie sy het die guts om die sg. (Nuwe?) SA Weermag en die SAPD se top strukture aan te vat nie, want daarvoor sal sy beide departemente eers moet muilband om te verhoed dat hulle hardhandig teen haar departement optree. Dit kan nogal ‘n mooi muitery veroorsaak.
Boeregroete,
DuP