SABC nou “amptelik” ANC spreekbuis

Gedurende die afgelope twee maande het die Nasionale Uitsaaier die uitsendings belet van ’n advertensie wat op Jacob Zuma se groot gesin reflekteer.

Daarop het gevolg die beletsel op ’n paneelbespreking op Metro FM oor die mediadekking van Mangaung. Die uitsending is gestop enkele minute voordat dit moes begin.

Daarna het gevolg die beletsel op die onderhoud met die “spotprentkunstenaar” Zapiro.

Die beletsels het klaarblyklik begin toe die Uitsaaier se waarnemende hoof van Nuus, Jimi Matthews, ’n e-pos aan werkers gestuur het waarin die term Zumaville verbied is.

Dit is volgens waarnemers genoegsame bewys dat die ANC nou die Nasionale Uitsaaier volledig beheer.

Volgens mediaberigte is selfs die vêr linkse Max de Preez ook ontevrede oor die situasie.

’n Woordvoerder van die Verkenners het gesê dat Du Preez se ontsteltenis geen indruk maak nie want daar was ’n tyd wat hy hom verlekker het toe die SAUK deurlopend gediskrimineer het teen behoudende volksgenote.