S.A. versleg op korrupsie-indeks

Suid-Afrika het ‘n verdere twee plekke verswak op Deursigtigheid Internasionaal se indeks vir korrupsie persepsies. Die land se posisie is tans 69 uit 176 lande; in 2011 het Suid-Afrika die 67 ste posisie bekleë.

‘n Indekssyfer van “0” dui die hoogste korrupsie aan en “100” die laagste korrupsie. Suid-Afrika se indekssyfer staan op 43, wat hom in die geselskap van 117 lande plaas wat op minder as 50 punte staan.

Streeksgewys is Afrika die kontinent met die hoogste korrupsie (waarin Botswana die minste korrup is), gevolg deur Oos-Auropa . Die vyf lande in die wêreld met die minste korrupsie is Denemarke, Finland, New Zealand, Swede en Singapoer.