S.A. se handelsbalans versleg

Suid-Afrika se handelstekort vir Oktober was aansienlik groter as verwag met R21,2 miljard, teenoor September se R13,8 miljard. Daar was verwag dat die handelstekort vir Oktober R15,35 sou wees. Die grootste bydraende faktore vir die swak Oktober syfers is invoere wat met 16,7% tot R82,3 miljard gestyg het, terwyl uitvoere slegs met 7,8% tot R61,1 miljard toegeneem het.

Daar kan verwag word dat die nadelige saldo vir die jaar ver oor die R100 miljard sal eindig. Die handelstekort, wat oor die jaar opgebou het word in die swakker rand weerspieël wat dreig om R9 tot die VSA dollar te oorskrei.