Renosterstropery en volksmoord vererger

Altesaam 633 renosters is reeds vanjaar doodgemaak, het die Departement van Omgewingsake bekend gemaak.

In die Kruger Wildtuin is 395 renosters weens stropery gedood. In Wes-Transvaal, Natal en Noord-Transvaal is 197 renosters gedood.

In 2011 is 252 renosters in die Kruger Nasionale Park doodgemaak met 74 in Noord-Transvaal, 21 in Wes-Transvaal en 34 in Natal.

Altesaam 266 mense is reeds vanjaar in verband met renosterstropery aangekeer.

’n Woordvoerder van Projek 2010 het daarop gewys dat die moorde op blankes veel ernstiger is. Vanjaar het 127 blankes die lewe gelaat weens terroriste aanvalle.

Die Vryburger se ondersoek na die twee aangeleenthede dui daarop dat die media veel meer gereelde beriggewing plaas oor renoster stropery as wat die geval is met die gewelddadige volksmoord op blankes.

Daar word een blanke vermoor vir elke drie renosters wat gedood is. Anders as wat die geval is met stropers wat gevang is vir renosterstropery, word veel minder mense aangekeer wat verantwoordelik is vir die volksmoord op blankes.