Reisigers effe minder by Lughawens

Die totale pasasiers wat geland en vertrek het in September was 2,94-miljoen, waarvan 71,8% nie Suid-Afrikanerse reisigers was. In Augustus was die totale reisigers 2,941-miljoen vir die maand.

Suid-Afrikaanse reisigers se aankoms het van 389 231 tot 403 196 teenoor die vorige maand toegeneem, terwyl buitelandse reisigers afgeneem het van 1,162-miljoen tot 1,148-miljoen vir September. Passasiers wat in September vertrek het was onderskeidelik 427 123 en 960 843 vir Suid-Afrikaners en buitelanders.Op ‘n jaar-tot-jaar grondslag het buitelandse reisigers toegeneem, terwyl Suid-Afrikaners afgeneem het.

Daar word verwag dat die getalle vir Desember 2012 aansienlik sal toeneem.