R4 miljoen weggegooi binne minute

Een van Port Elizabeth se welvarende sakemanne het ernstige beserings opgedoen nadat hy met sy splinternuwe Ferrari van byna R4 miljoen van agter teen ’n vragmotor gebots het.

Fabian Robert, eienaar van Precision Tow-In, het erge beserings opgedoen en sy kakebeen is op vier plekke gebreek.

Betroubaar is verneem dat hy meer as ses maande gewag vir die ingevoerde Ferrari en hy was glo baie opgewonde oor die nuwe vuurwa. Slegs ’n paar uur later is dit in die ongeluk afgeskryf.