Olyfbome dateer sover terug as 3500 v.C. en word vir eeue al gebruik in kos sowel as in medisyne.
• Olyfolie is ‘n baie kragtige anticholesterol-middel;
• Olywe het baie vitamien F in, wat goed is vir vrugbaarheid (by vrouens);
• Dit hou spiere soepel en gesond en smeer gewrigte;
• Vir skilfers en ‘n jeukerige kopvel, selfs vir velkanker, smeer jou kop gereeld met olyfolie en vryf dit goed in. Los oornag aan;
• Olyfolie, as dit gereeld gebruik word, werk veroudering teë en vertraag die moontlikheid van hartsiektes (hartaanvalle);
• Olyfolie word gebruik vir vis- en paddastoelvergiftiging.
Dankie vir die raad… ek het nogal juis in die week gedink ek moet ‘n bietjie naslaanwerk doen op olywe en kyk waar ek ‘n geldtjie kan spaar deur dit te gebruik in plaas van ander duur middele.