Psssssssst, gehoor wat sê die slimmes van: komkommer?

Komkommer het net voordele! Kom ons kyk waarvoor help dit alles:
• Komkommer is ryk aan vitamien C en kan uitwendig sowel as inwendig as’n liggaamsreiniger gebruik word;
• Dis ‘n goeie velreiniger. Komkommersap op ‘n songebande vel koel die vel af en trek die brand ook sommer uit. As jou oë geïrriteerd, moeg, gespanne en oorwerk is, sny vir jou 2 dik skywe komkommer en sit dit op jou oë. Lê vir 20minute op jou rug en bid;
• Komkommer beveg jig en artritis;
• Dis ook ‘n goeie anti inflammatoriese groentesoort;
• Komkommersap is goed vir ‘n maagsweer en sooibrand;
• Drink komkommersap elke 2 minute as jy koors het, dit bring die koors af.

Ses goeie redes om komkommer so veel as moontlik te eet!