Primêre skool wen hofsaak teen regering

Die hof het ten gunste van Rivonia Primary School in Sandton beslis in ’n saak teen die Sentraal Transvaalse Onderwys Departement.

Die hof het uitspraak gelewer dat die Onderwys Departement en die LUR vir onderwys, asook die departementshoof se optrede onregmatig was. Hulle het Carol Drysdale, skoolhoof, probeer dwing om een gr.1-leerling in te skryf nadat die skool sy maksimum kapasiteit bereik het.

Dysdale is toe van wangedrag aangekla en tugstappe is teen haar gedoen.

Mnr. Paul Colditz, uitvoerende hoof van die Federasie van Beheerliggame sê die hofsaak bevestig dat ’n beheerliggaam oor toelatingsbeleid sowel as die skool se kapasiteit moet besluit.

Die Hof beslissing dui daarop dat ’n massiewe onreg teenoor hoofde, beheerliggame, ouers en leerlinge toegepas is en word nou deur die uitspreek reggestel.

Onderwys kenners sê die uitspraak bevestig die grondliggende en grondwetlike regte van die ouers en kinders, maar in besonder ook die reg van beheerliggame om toe te sien dat kinders se belange deurslaggewend is.