Polisiehoof aangekla vir moord

Hlula Msimang, hoof van die Ekurhuleni-metropolisie, sal na verwagting op aanklag van moord in die hof verskyn.

Die Engelse blad, The Star, berig dat die Onafhanklike Polisie-ondersoek Direktoraat bevestig het dat Msimang teregstaan op aanklag van moord.

Die ondersoek is afgehandel, nou is die saak op die hofrol, het ’n woordvoerder van die Opod gesê.

Volgens die berig hou die saak verband met ‘n skietvoorval in Johannesburg ‘n paar maande gelede.

Die woordvoerder van die burgemeester, het gesê Msimang is nie geskors nie en is steeds in sy pos werksaam.