Polisie skarrel oor regses wat gevang is

Verkeerde berigte is ’n kenmerk van die inhegtenisneming van sogenaamde regses wat ook aangekla gaan word vir hoogverraad

’n Polisie woordvoerder het aanvanklik gesê dat sewe mans in hegtenis geneem is.

Die jongste berigte lui dat vier mans gevang is.

Waarnemers is van mening dat die moontlikheid bestaan dat die polisie na nog drie persone soek, en dat die aankondiging voortydig was dat sewe in hegtenis geneem is.

Die polisie het aanvanklik gesê dat die mans beplan het om ’die ANC konferensie met plofstof te ontwrig. Ook die verklaring is ’n mistasting gewees.

Later het die polisie se woordvoerder te kenne gegee dat die mans in hegtenis geneem is weens terroristiese bedrywighede wat landswyd is.