Die land is nog nie in ’n oorlog gewikkel nie. Dit beteken dat die polisie nie die weermag gaan vra om in te gryp in die Wes-Kaap se stakings en onluste nie.
Intussen het Cosatu bekend gemaak dat hulle beplan om die plaaswerkers se staking uit te brei om landswyd in protes te gaan.
Lt.genl. Arno Lamoer, Wes-Kaapse polisiehoof, het dit bekend gemaak tydens ’n mediakonferensie by Groenpunt. Hy het gesê die polisie in die Wes-Kaap gereed vir enige gebeurlikheid wat hierdie week tydens die plaaswerkers se beplande onluste mag plaasvind.
Hy weier die versoeke dat die weermag ingeroep word want die polisie se hulpbronne is voldoende om beheer toe te pas..
Waarnemers het aan Die Vryburger gesê dat die SA Weermag in elk geval waardeloos is, en dit is miskien die rede waarom hulle nie ingeroep word nie.
Onlangse verslae dui daarop dat die SAW nou swakker is as in 1930
Al wil wie wat se, die werkers is die mense wat die produksie lewer. En al bieg die boere oor hoe bankrot hulle kan word, is dit ‘n lieg. Die mense is nie meer dom nie en weet wat die boer ongeveer uit ‘n trok aartappels kry, en as jy dit meet met die meganis,es wat die boer elke jaar koop, asook die ry-goed, dan moet jy nou saam met die boere stem. As die boere die mense betaal, hoef die mense nie te staak nie, maar kyk wat kry die mense. Ek se nog altyd, dit is tyd dat ons ons grond terug eis en self boer. As die boere nie bereid is om die grond te deel nie, waarvoor vra hulle dan? Grond afvat!!
“Ek se nog altyd, dit is tyd dat ons ons grond terug eis en self boer. As die boere nie bereid is om die grond te deel nie, waarvoor vra hulle dan? Grond afvat!!”
Goeiedag Zebulon China,
Ek aanvaar dat jy deel uitmaak van Tony Ehrenreich se COSATU alliansie. Nou wil ek maar net aan julle vra: Kan julle een voorbeeld wys waar daar suksesvol en produktief geboer word op grond wat gratis deur die ANC aan sg. opkomende boere gegee is? Wil julle nou met julle aksies van “Grond afvat” werk verskaf aan enige werkloses, of wil julle maar net in die hande speel van julle kommunistiese bedmaatjies se “Tweede fase” van die kommunistiese rewolusie? Wil julle toesien dat die SAKP, wat nog nooit in Suid-Afrika aan enige verkiesing wou deelneem nie, nou die regering uit die ANC se hande gryp en die land in totale chaos dompel?, want dit is waarop julle afstuur.
Hoekom voer jy nie maar Tony se dreigement uit, en boikot al die kos wat Suid-Afrikaanse boere op julle tafels plaas? Dink net hoe lekker gaan julle van die veld af kan leef en in grotte woon soos wat julle voorvaders gedoen het voor daar enige blanke beskawing na hierdie land toe gekom het.
Nee wat Zebulon China, dink net vir jouself bietjie verder as wat jy deur jou kommunistiese maatjies voorgeskryf word.
Boeregroete,
DuP
Hhmm, ja, is die werkers wat die “produksie” lewer nie ‘n deel van ‘n totale produksie-ketting nie? Is produksie nie die vrug van vele insette nie?
‘n Mens sou graag wou weet wie is die “ons” waarna verwys word. Om “ons” grond terug te eis beteken “ons” het eienaarskap van die betrokke grond gehad (kaart en transport), dat “ons” bv. daardie grond verkoop het en dat die koper/s in gebreke gebly het om aan die koop-ooreenkoms te voldoen (wanbetaling ens.) ‘n Mens kan nie grond “terug eis” wat nooit aan jou behoort het nie. Al sou geredeneer word dat die betrokke grond aan “ons” voorouers behoort het, gee dit jou nie aanspraak daarop nie. ‘n Mens kan nie aanspraak maak op grond waarop “ons” voorouers 300 jaar gelede gewoon het nie (geen eienaarskap nie) en wat intussen wettig in die besit van ander mense gekom het nie.
Om te weet wat ‘n boer ongeveer uit ‘n trok aartappels kry sê nie jy weet wat die insetkoste, verwerkingskoste, oeskoste, bemarkingskoste, bemestingkoste, plaagbestryding-koste en koste van oorhoofse kapitale belegging is nie. Laasgenoemde kostes moet tog seker afgetrek word van wat die boer “ongeveer uit ‘n trok aartappels” kry. Wat is die koste van versekering en voorsiening van risiko kapitaal. Moet dit nie alles uit die geld wat die boer vir die aartappels kry, gedek word nie. Waar kom die geld vandaan vir vervanging van masjinerie e.d.m? Dit kom uit wat hy ongeveer vir ‘n trok
aartappels kry!
Dit is duidelik dat die plaaswerker stakery nie soseer om die hondjie as om die halsbandjie gaan nie.
Dit gaan nie soseer om verhoogde lone nie. Die verskuilde doel is dat eienaarskap tussen die grondeienaars en die werkers gedeel moet word.
In elk geval, as die Regering ‘n minimumloon van R69,00 per dag vasgestel het,( en dit is duidelik dat meer as dit aan baie van die werkers betaal word), moet die beswaardes mos eintlik teen die Regering betoog. Dit werk nou maar net so dat niemand iemand kan verplig om vir hom te werk nie. Indien ‘n werker nie tevrede is met sy loon nie, is dit sy goeie reg om werk te soek waar hy meer betaal word.
Indien hy nie elders beter betalende werk, of hoegenaamd werk kan kry nie, sal dit dalk tot hom deurdring dat werk skaars is en dit dalk beter is soos die Ingelse sê “Of you can’t get what you want, take what you can get.”