Plaasmoorde verminder – volksmoord styg

Daar was vanjaar reeds 40 meer plaasaanvalle as verlede jaar, maar tien minder plaasmoorde.

Só wys die TLU SA se statistieke wat tot hede aangeteken is.
Die statistieke word bygehou aangesien die SAPD sedert 2006 nie meer die gegewens op rekord hou nie.

Mnr. Henry Geldenhuys, voorsitter van TLU SA se veiligheidskomitee, het gesê volgens TLU SA se syfers is altesaam 42 boere in die jaar vermoor.
Daar is wel 10 minder moorde as verlede jaar, maar daar is omtrent nog ’n maand oor,” het Geldenhuys gesê.

In ’n onderhoud met die bestuur van Projek 2010 het dit aan die lig gekom dat die volksmoord getalle tot einde November ’n 20% styging toon teenoor verlede jaar.
Projek 2010 beskik oor die mees gesaghebbende databank rakende die volksmoord in Suid-Afrika. Dit gee ’n totale ander prent van wat is besig om te gebeur in die land, het hy gesê.