Petrolprys verlaag vir Desember

Die prys van petrol word vanaf 5 Desember met 9c per liter verlaag. Die Departement van Energie, wat die pertrolprys maandeliks vasstel, het bekend gemaak dat alhoewel die prys van ru-olie nie gedaal het nie en die randwisselkoers nie verbeter het nie, daar ‘n oorverhaling van motorriste was wat tot ‘n aansienlike surplus gelei het. ‘n Gedeelte daarvan word nou terug gegee.

Die prys van 95 ULP oktaan sal vanaf 5 Desember teen R11-66 per liter in die PWV gebied by petrolpompe beskikbaar wees.