Padsterftes skiet die hoogte in

Byna 700 mense is sedert die begin van die maand in motorongelukke dood.

Die Padverkeerbestuurskorporasie se verslag wat uitgereik is, is daar sedert 1 Desember 676 mense in 564 motorongelukke dood.

1,475 mense is tussen 1 Desember 2011 en 10 Januarie 2012 in ongelukke dood.

Ashref Ismail, die Padverkeer woordvoerder, het gesê dit is voorlopige getalle en kan heelwat hoër wees.

“In hierdie stadium is die syfers wat gegee is net die van mense wat op die toneel dood is.”

’n Bron van kommer is die feit 70% van noodlottige ongelukke botsings is wat reg van voor plaasgevind het.