Ouma in trane oor motor

Mev. Joey van Zyl (67) het in trane uitgebars van blydskap toe hulle haar laat weet dat haar motortjie gevind is.

“Dit is ek en my kleindogter, Bianca, se verjaardag- en Kersgeskenk”, het sy tranerig gesê.

Die motor is vroeg in Julie in Reddersburg gesteel.

Bianca verjaar op 20 November en mev. Van Zyl verjaar op 20 Desember. Hulle het onlangs van Reddersburg na Petrusburg verhuis.

“Ons kry maar swaar en sukkel met vervoer. Ek kan nie regtig loop nie en moes al by die dokter gewees het, maar sonder ryding is dit nie moontlik nie, het sy gesê.
“Ons het een oggend wakker geword, toe is die garage leeg. Dis ’n ou motor, maar dit is my als.”