Oorlog klanke tussen China en Japan

’n Aantal skepe van die China het in gebiedswaters van ‘n groep eilande in die Oos-Chinese See gevaar wat deur Japan beheer word.

Die skepe het in die gebied van 12 seemyl om Kubashima, een van die eilande in die Senkaku-reeks, gevaar.

China en Japan is reeds dekades lank oorhoops met mekaar oor die eilande.

China beskryf die verdrag tussen die VSA en Japan as ’n “produk van die Koue Oorlog”. Die ooreenkoms en verdrag maak voorsiening dat die VSA erken dat die eilande onder Japanese beheer is.
.
Waarnemers is van mening dat China se vaartuie in die gebied ’n metode is om Japan uit te lok tot aggressie.