Onderwys Minister praat oor privaat skole

Angie Motshekga, die land se Minister van Onderwys, sê openbare skole kan nie met privaatskole vergelyk word nie.

Sy het gesê openbare skole is oorvol en minder bevoorreg terwyl privaat skole se mense welvarend is.

“Jy kan nie piesangs met appels vergelyk of ‘n Rolls Royce met ‘n Toyota nie,” het sy gesê.

Alle gr. 1; gr. 6 en gr. 9 leerlinge moet die nasionale assessering toetse (ANA’s) aflê om hul geletterdheids- en syfervaardighede te toets.

Meer as sewe miljoen het die toetse in September afgelê en miljoene het uiters swak gevaar in albei toetse.