Onderwys in perspektief

Die uitslae van die afgelope Nasionale Assessering van hoërskoolleerlinge verdien aandag:

Die uitslae van die assessering van Wiskunde en Wetenskap laat enige kenner suur om die kiewe. Dié ANA’s het weer eens bevestig wat lankal gevrees word. Die soveelste onderwys model van die nasionale regering stuur op ‘n erge ramp af.

Die vraag was van die begin “Waarom iets verander wat werk?”

Leerlinge se gemiddelde punte vir genoemde vakke is sorgwekkend laag. Gevolglik wil hierdie leerlinge nie langer sukkel met die vakke nie en hulle verander dan van Wiskunde na Wiskundige geletterdheid en die Wetenskap word vir ‘n sogenaamde leervak geruil. Hierdeur word ‘n sneeubal-effek in beweging geplaas wat later sorg vir ‘n tekort aan kundiges in die Wetenskaplike rigting.

Selfs die aanbieding van tale het diepliggende probleme. Tydens die skryf van taalvraestelle deur ANA is die gebrek aan kundigheid deur die opstellers self ontbloot met verwysing na hulle beklemtoning van “begrip” en die nalaat van bepaling van “taalvaardigheid”.

Die redes vir die agteruitgang in die Onderwys kan op verskeie terreine gesoek word:
* Onderwysers vir hierdie vakke is nie behoorlik opgelei of in baie gevalle glad nie opgelei om die vakke aan te bied nie.
* Die noodsaaklikheid van Moedertaalonderrig word geïgnoreer. Die privaatskole en die ou model C-skole het nie juis hierdie probleem ervaar nie.

In die vorige bedeling is Christelik-Nasionale Onderwys aangebied en die resultaat daarvan is welbekend. Ouers was waarlik deel van die gebeure en ook met reg; dit was immers opvoedende onderwys. Onderwys was gesien as ‘n direkte verlengstuk van die ouerhuis.

Onderwysers was trots om Opvoeders genoem te word. By die meeste van hierdie skole was voorsiening gemaak vir hulp aan leerlinge wat probleme ervaar het. Remediërende onderwys was wat elke leerkrag deur sy aanbiedinge ingevleg het. Hart-en-Siel onderwysers was met behulp van rompslomp programme altyd bewus van die vordering en jaar gemiddeldes van al hulle leerlinge.
* Ouerbetrokkenheid wat altyd essensieel is in ‘n kind se opvoeding, kon voortydig probleme aan ouers uitwys. Dit is nie ‘n geheim dat sekere volke bereid is om meer opofferings ten opsigte van hulle kinders te maak nie. Vandag is ouers aangewese op privaat kundiges soos arbeidsterapeute, spraakterapeute en so meer. ( Is reeds vroeg na 1994 verwys as luukses in die onderwys.)
* ‘n Verdere noodsaaklikheid is die Indiensopleiding van vakonderwysers om tred te hou met die werklikheid.
* Ervare, bekwame onderwysers kan beter aangewend word en selfs beter vergoed word. Onbekwame onderwysers behoort verwyder te word uit die stelsel.

Die Onderwyskrisis word vierkantig voor die deur van die ANC-regering gelê.
Hulle strydkreet was “Liberation before Education”. Die “elite swartmense” plaas hulle kinders in blanke skole; eie inisiatief ontbreek, blanke skole word nou onder die vaandel van staatskole gekaap en die taal van die onderdrukker, Engels, is weer aan die orde van die dag.

Ons as Boere-Afrikaners moet ernstig besin oor kernwaardes, groter erns maak met die Bybelse opdrag rakende ons kinders soos verwoord is in Deuteronomium 6:6,7 en ook in die boek 2 Tim.3:14-17.

In die gedrukte media is interessante gegewens geplaas rakende die prestasie van skole met lede van die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie op hulle personeel teenoor skole wat nie hierdie Unie ondersteun nie. ‘n Nasionale syfer van 96,2% teenoor 70,2% slaagsyfer word aangedui. Die aanslag op ons eie skole / kinders is ernstig.

Die regerende party wil gratis onderwys vir almal daarstel. Dit mag ‘n edele gedagte wees maar ten koste van wie?

Die Uitvoerende Hoof van die SAOU, Chris Klopper het gewaarsku dat Boere-Afrikaners iets moet doen aan hierdie poging tot verswelging van ons onderwys.

Die nasionale regering sal dit beslis nie vir ons doen nie.

In die lig van al die tersaaklike gegewens, kan die waardes wat in CVO-skole gevestig word by leerlinge, nie oorbeklemtoon word nie.