Nuwe Mej. SA is gekies

Marilyn Ramos van Klerksdorp is die afgelope naweek gekies as die nuwe mej. Suid-Afrika.

Die uittredende Mej. Suid-Afrika, Melinda Bam is op die oomblik in die VSA waar sy meeding om die Mej. Heelal kampioenskap.

Dit is opvallend dat daar vanjaar geen blondines was wat meegeding het om die titel te verower nie.

Vir dié dorpsmeisie is die Mej. SA-kroon ’n emosionele oorwinning wat sy met liefde aan haar ouma, Marelené Schoonraad, opdra.