Nog ’n operasie vir klein Pippie

“Ek is nou banger as ooit voor enige van die vorige operasies,” sê klein Pippie se ma, mev. Anice Kruger.

Pippie het nog ’n operasie in die Garden City-hospitaal ondergaan om ’n brandmerk onder haar linkerarm te verwyder.

Sy het verlede jaar op Oujaarsaand verbrand en sedertdien talle operasies ondergaan.

Pippie het wêreldwyd bewondering gewek vir haar veggees.

Die ganse wereld het Pippie en haar dapper ma in miljoene gebede opgedra aan die Here.