Nog ’n Boeremag saak !

Die onlangs gestigte politieke party, die Federale Vryheidsparty het in ’n mediaverklaring erken dat twee lede van sy Uitvoerende Partyraad aangekla word vir hoogverraad.

Die president en ‘n lid van die Uitvoerende Partyraad van die FVP, ‘n party wat selfbeskikking vir die Afrikaner/Boere wil bewerkstellig in ‘n konfederale politieke model, is gearresteer vir Hoogverraad.

Volgens bronne word hulle toegang tot hulle regspanne geweier. Met die uitreik van ’n verklaring was die inligting beperk.

Daar is ook gerugte dat die regering poog om ‘n tweede Boeremag saak tot stand te bring en dat hierdie individue gebruik gaan word om vrees in die konserwatiewe blankes in te boesem, waar regte reeds op ‘n daaglikse basis vertrap word.