Nog luukse treine gekoop

Nuwe treine, meer luuks as die Gautreine wat toegerus sal wees met lugversorging wat tydens spitstyd elke drie minute ry, is reeds bestel.

Die Passasier Spooragentskap van Suid-Afrika (Prasa) het dié inligting in Johannesburg bekend gemaak.

Die uitvoerende hoog, Lucky Montana, sê die eerste stel nuwe passasierstreine sal in 2015 deur ’n Franse trein-vervaardiger afgelewer word.

Die kontrak is aangegaan om die verskaffing van 3,600 treinwaens teen R51,6 miljard van 2015 tot 2025 te lewer.