Negejarige Kirstein is toppresteerder

Ethan Kirstein verstom almal oor hoe vinnig en akkuraat hy die somme van die graad 7 leerlinge doen al is hy in graad 3.
Ethan, het vanjaar graad 3 aan die Laerskool Generaal de la Rey in Roodepoort voltooi. Hy en 28 ander het vertrek na Taiwan waar hulle aan ’n internasionale hoofreken-kompetisie sal deelneem.

’n Totaal van 400 kinders uit 12 lande neem deel aan die kompetisie.