Nederlanders wil nie volksmoord aanvaar nie


Die Laerhuis van die Nederlandse Parlement het ’n mosie wat plaasmoorde afkeur, verwerp.

Die mosie is voorgestel deur Raymond de Roon, lid van die regse Partij voor de Vrijheid (PVV), maar is slegs gesteun deur twee kleiner regse partye.

Die Minister van Buitelandse sake, Frans Timmermans, het die parlementslede aangeraai om die mosie nié te steun nie.
Hy het misdaad in die algemeen in Suid-Afrika as “’n groot probleem” bestempel. Hy is egter van mening dat die regering “geen onderskeid tref tussen Afrikaners, bruines of swartes” wanneer die moorde beoordeel word nie.

Dit is so dat veral die swart bevolking die grootste slagoffer van dié geweld is, het hy gesê.

’n Woordvoerder het aan Die Vryburger gesê dat dit vreemd is om aan te neem dat swartes die grootste deel van plaasmoorde uitmaak. Slegs enkele gevalle is bekend is Suid-Afrika waar swart landbouers omgekom het in plaasaanvalle.

Die man het die waarheid verdraai, want moorde op ons volk is ’n volksmoord, maar moorde op ons volk se landbouers is maar ’n deel daarvan, het hy gesê.