Motor rubriek – Veteraan motors (vervolg)

Die herstel en restourasiewerk aan die voertuig se bak is afgehandel en daar is nog slegs drie items waaraan aandag verleen moet word. Dit is die enjin, ratkas, ewenaar en die monteerpunte daarvan.

Hierdie geval word daar die ewenaar van ’n motor met agterwiel aandrywing bespreek. Die remstelsel is in ’n vorige artikel afgehandel en die ewenaar as sulks gaan bespreek word.

Die ewenaar en die sy-aste vorm ’n eenheid en moet as ’n eenheid hanteer word. Wat belangrik is met die sy-aste, is die laers op die ente van die aste. Daar moet met ander woorde seker gemaak word dat die laers in ’n goeie werkende toestand verkeer. Op watter manier kan dit bepaal word? Die motor word opgedomkrag en die wiel aan die eenkant word gedraai. Daar moet dan geen growwe geluide of haakplekke voorkom terwyl die wiel gedraai word nie. In die motorwêreld is daar ’n stetoskoop beskikbaar wat teen die omhulsel, waar die laers in pas, gedruk word en terwyl die wiel gedraai word kan daar geluister of daar enige growwe geluide gehoor kan word. Bogenoemde toets aksie moet aan beide kante gedoen word ten einde te bepaal of die laers in ’n goeie werkend toestand verkeer.

Indien daar slytasie sigbaar is, moet die laers wat foutief is, vervang word. Dit kan self gedoen word of deur ’n spesialis in die veld.

Aanstaande week gesels ons verder.