Motor rubriek – Veteraan motors (Vervolg)

Herstelwerk aan die dak van die motor aan die binnekant, mag ’n probleem wees. Met die nodige kundigheid en geduld kan die materiaal herstel of vervang word.

Indien viniel gebruik is vir die dak bekleedsel en dit het verkleur a.g.v. ouderdom, kan dit oor gekleur of vervang word. Somtyds raak dit beskadig deur voorwerpe wat in die motor geplaas word of die hitte van die son laat dit kraak.

In sommige van die ouer motors, is lap materiaal gebruik vir die dak bekleding. Indien dit die geval is, word dit aanbeveel dat die materiaal vervang word met meer duursame materiaal. Dit is egter elke motor entoesias se eie keuse.

Om die lap materiaal of viniel te verwyder is nie ’n moeilike proses nie want die materiaal word in posisie gehou deur ronde metaalstawe wat onder relatiewe lae druk in die dwars posisies, van die eenkant van die motor na die anderkant geïnstalleer is. Wanneer hierdie metaalstawe in plek ingepas is, is daar net genoeg spanning op die materiaal om dit ’n netjiese gladde afwerking te verskaf.

Motor groete tot aanstaande week.