Mercurius het ys by pole

Wetenskaplikes het tekens van ys in kraters by Mercurius se pole gevind.

Die ontdekking wat oor die langer duur van waarde kan wees in die soektog na lewe, kom op ’n redelike goeie tyd. Die planeet sal waarskynlik nie enige teken van lewe toon nie, maar dit kan bydra tot die navorsing op ander planete.

Dié klein planeet is die naaste aan die son maar draai regop wat beteken dat party poolgebiede nooit sonlig kry nie.

“Daar is sowat 100 miljard metrieke ton ys op Mercurius,” het David Lawrence, ‘n navorser by Nasa gesê.

Die ontdekking is gemaak tydens die ontleding van data wat deur Nasa se Messenger-ruimtetuig na die aarde gestuur is. Die ruimtetuig is gedurende 2011 na die planeet gestuur.