Mandela-medici nie in vliegtuig

’n Woordvoerder van die Weermag het berigte ontken dat Mandela se mediese span aan boord was van die militêre vliegtuig wat in die Drakensberge neergestort het.

“Die berigte is nie korrek nie,” het Siphiwe Dlamini, die kommunikasie hoof gesê.

Hy sê die Departement sal binnekort nog inligting oor die ongeluk uitreik.