Op Naval Hill, in die Rosestad staan die agt meter hoë standbeeld van Mandela. Die terrein is Saterdag enkele ure vir die publiek gesluit nadat ’n dreigoproep deur die polisie ontvang is dat ’n bom die beeld gaan op blaas.
Mense wat Naval Hill wou besoek om die beeld van R3,7miljoen te sien, is weggewys. Geregsdienaars en honde van die K9-eenheid was besig om die gebied te fynkam.
Geen plofstof of bom is gekry nie.
Die standbeeld is twee weke gelede deur Jacob Zuma onthul.
Waarnemers is van oordeel dat die beeld soveel aanstoot gee dat dit nie onmoontlik is dat mense sal probeer om dit te beskadig nie.
Goeiedag Boere,
Ek aanvaar hierdie afgodsbeeld sal nie die eerste en ook nie die laaste een wees waarmee die Boerevolk in ons eie land getreiter sal word nie. As hulle ‘n 8m hoe” beeld reeds voor sy dood laat oprig, neem ek aan dat daarna seker een van 100m hoog op ‘Freedompark’ opgerig sal word net om ons aanstoot in die rooi in te dryf.
Boeregroete,
DuP