Leraar se vrou blind na terroriste aanval

Mev. Dorothea Brits van Harrismith is vroeër vanjaar saam met haar man en skoonseun met ’n byl aangeval.

Sy is nog in die hospitaal en het haar sig verloor. Die doktors is positief dat sy weer volkome sal herstel en haar sig sal herwin.

Mev. Brits het haar man in die grusame moord aanval verloor.

’n Woordvoerder van die hospitaal in Bloemfontein het gesê mev. Brits is by haar volle bewussyn, lag en gesels, maar is nog erg getraumatiseer.

Sy mag nog geen besoekers ontvang nie.