Landbouers moet paraat wees

Die oproer en onluste wat deur agitators en vakbonde aangeblaas word in die Wes-Kaap het daartoe gelei dat landbouers tot R10,000 per dag betaal aan sekuriteitsmaatskappye om hulle eiendom te beskerm.

Die FVP se Nasionale Sekretaris, Francois Cloete het gepleit dat boere bedag moet wees op enige gebeure wat kan plaasvind gedurende die stakings. Die moontlikheid bestaan dat dit hierdie keer erger kan wees as die van die drie weke gelede omdat daar berigte is van erge geweld wat kan plaasvind.

Hy vra ook dat boere in hierdie tyd bymekaar moet staan.