Kruger-Rande uit huis gesteel

In Uitenhage in die Oos-Kaap is die polisie glo op soek na twee gewapende diewe wat ‘n gesin van Kruger-Rande, juwele en skootrekenaars geroof het.

Volgens die polisie is die items R537 000 werd.

’n Polisie woordvoerder sê die diewe het by die huis in Fairbridge ingebreek en die gesin met vuurwapens aangehou.

Die gesin is aangesê om op die vloer te lê terwyl hulle die huis deursoek het.
Die Kruger-Rande se waarde is R500 000-00.