KANADESE NATUURBEWARING VANG TROETELDIER-ETENDE WOLF

Troeteldiere het skielik begin verdwyn in die Bird’s Hill gebied, net buitekant Winnipeg, hoofstad van die provinsie Manitoba. Troeteldier eienaars het die hulp van die Kanadese natuurbewaring ingeroep toe hulle vermoed iets eienaardigs gaan aan. Die natuurbewarings eenheid kon hul oe nie glo toe hul sien wat die troeteldiere vang nie. Dit was ‘n reuse wolf van omtrent 70 kilogram. Die wolf is deel van ‘n trop van ongeveer 7 wolwe en nog nooit is wolwe so naby aan ‘n groot stad gevang nie. In die gebied is nie baie wolwe nie. Hul kom meer voor op die suidelike grens van Manitoba. Die natuurbewaring het die wolwe verdoof en verskuif.

Die wolf populasie van Manitoba is ongeveer 4000. Hulle getalle het verhoog in die laaste paar jaar, want die waarde van hul pelse het verminder en hulle word minder gejag. Elke jaar word 200 permitte uitgereik om wolwe te jag. Ken Rebizant, die bestuurder van die Manitoba wild bewarings eenheid het gese: “Wolwe is opportuniste en alhoewel hulle wild sal jag, sal hulle nie huiwer om troeteldiere te vang nie”.

Troeteldier eienaars is gemaan om ‘n goeie oog oor hul diere te hou in die toekoms en om die natuurbewaring onmiddellik te kontak indien hul vermoed daar is wolwe in die omgewing.