Kaapse boere oorval versekeringsmaatskappye na opstande

Boere in die Kaap spring om hulle eiendom te verseker nadat opstandige plaaswerkers vir meer as R100miljoen se skade gesorg het. Verskeie plaasimplemente, stoorkamers, kratte en wingerde is deur woedende barbare aan die brand gesteek.

Versekeringsmaatskappye sê hulle word oorval deur oproepe van boere wat versekering van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Spesiale Risikoversekering (Sasria) wil bekom. Hierdie versekering dek dan ook die kostes in gevalle van onrus. Die meeste van hierdie boere het voorheen slegs versekering gehad wat natuurlike rampe dek.

‘n Woordvoerder van Mutual & Federal se landbouafdeling het gesê dat ongeveer 50% van oproepe wat hul ontvang van angstige boere afkomstig is.