JBM Hertzog herdoop na Fischer

Pres. Jacob Zuma het gesê die naamsverandering van die JBM Hertzog-lughawe is nog ‘n stap in die rigting van nasiebou wat ‘n gedeelde erfenis en toekoms reflekteer.
Zuma het verlede Donderdag dié lughawe tot die Bram Fischer Internasionale Lughawe herdoop.

Waarnemers wys daarop dat die ANC/SAKP stelselmatig besig is om kommunisme in die land te vestig deur naamsveranderings en nuwe wette in te bring wat geskoei is op die kommunistiese stelsels van die wereld.

Verlede week is ’n standbeeld van Fisher opgerig in Bloemfontein. Hy was destyds ook Mandela se advokaat met sy verhoor waartydens hy skuldig gevind is.