Jacob en Cyril wen oortuigend

Jacob Zuma is by die ANC konferensie met ‘n oorweldigende meerderheid herverkies as leier.

Hy het 2 983 stemme gekry teen Motlanthe se skrale 991 stemme.

Cyril Ramaphosa is die ANC se nuwe adjunkpresident nadat hy Mathews Phosa en Tokio Sexwale oortuigend gewen het

Ramaphosa het 3 018 stemme ontvang teenoor Phosa se 470 en Sexwale se 463 stemme.

Baleka Mbete is die nuwe voorsitter van die ANC met 3 010 stemme terwyl Thandi Modise slegs 939 stemme ontvang het.