Jaagduiwels vasgetrek

Die eerste berigte van jaagduiwels wat met hulle duur Duitse motors probeer om deur die klankgrens te gaan, is gevang en sal in die hof moet verskyn.

’n Woordvoerder sê die “top-jaer” is ’n vrou wat in haar Audi A5 teen 210 km/h op die N1-snelweg gejaag het. Sy is die 32-jarige bemarkingsbestuurder van Johannesburg.

Haar verskoning was sy moet ’n vliegtuig vlug haal.

In Pretoria is ’n dokter aangekeer. Hy is in hegtenis geneem nadat hy in sy Mercedes-Benz teen 180 km/h op die N1-snelweg naby Hammanskraal gery het.

Hy het beweer hy moet dringend by die hospitaal kom maar kon nie sê watter hospitaal nie.

Aan die Wes-Rand is ’n 36-jarige man van Johannesburg in hegtenis geneem nadat hy met sy Mercedes-Benz teen 196 km/h op die N12-snelweg naby Randfontein gejaag het.