IVP oorwinning in Zumaville

In die munisipale tussenverkiesing van Nkandla, meer bekend as Zumaville, het die IVP ’n wyk by die ANC afgeneem.

Indien die tussenverkiesing as ’n lakmoestoets vir die leierskap van pres. Jacob Zuma beskou sou word dan is die uitslag nie goed vir mnr. Zuma nie.

Só het Mangosuthu Buthelezi, IVP-leier gesê.

Die IVP het verlede week 55% van die stemme in die tussenverkiesing in Nkandla wyk 4 op hom verenig.

Volgens Buthelezi is dit beduidend dat die IVP só ’n “oortuigende oorwinning” kon behaal in Zuma se tradisionele tuiste.