Is jou plante met die maan gepla?

In Desember is dit algemene ploeg- en planttyd. Die meeste grondvog kom nou by die sade vir ontkieming, en grasperke moet nou gesny word vir verbeterde groei.

Maar het jy geweet die ‘n goeie idée om na die stand van die maan te kyk as wil plant? Tydens nuwe of donker maan is daar verhoogde wortelgroei, dus is dit ‘n goeie tyd om bo-gronds draende minderjarige plante en -groente te plant, bv. boontjies, spinasie,tamaties.

Met die eerste kwartier is daar meer blaargroei en is dus steeds ‘n goeie tyd om te plant en uit te plant. Twee dae voor volmaan is die heel beste tyd om enigiets te plant! Voor volmaan, gaan die energie dus na ontkieming, sade en blare.

Met volmaan is alles in balans tussen blaar en wortel groei, plant dus enigiets!

Dit is egter ook nou die draaipunt en na volmaan tot met die laaste kwartier gaan die energie na die wortel gewasse, plant hierna dus enige minderjarige ondergronds draende plante, bv wortels, patats en beet.

Met die laaste kwartier is dit ‘n rusfase waarin die blaargewasse en die wortelgewasse baie aktief is. In die tydperk is dit ideaal vir onderhoudswerk, pesbetryding en ook snoeiwerk.

Saamgevat: Soos die maan groei:
* voor volmaan plant jy als wat bo die grond dra;
* soos die maan daal na volmaan, plant jy alles wat onder die grond dra;
* met donkermaan rus jy bietjie;
* met sekelmaan moet jy kyk: hang hy met sy onderste punt na bo, dan skep die maan nog en kom min reën, hang die sekel na onder dan gooi die maan, dan kan jy reën verwag!

En die res van die tyd?

Plant, plant, plant!