Met die gereelde ontvangs van bemoedigende briewe en boodskappe wat deur lesers tot die redaksie van Die Vryburger gerig word, kan ons nie anders as om te weet dat hierdie koerant op die wenpad is. Ons is maar in die sewende maand van sy bestaan, en die leser tal bly steeds styg.
Maar dit is nie net Die Vryburger wat op die wenpad is nie. Die verbetenheid waarmee Boere-Afrikaners die stryd om vryheid volhou, moet uiteindelike sukses lewer – sukses wat beteken dat die volk weer sy vryheid herwin het.
In hierdie uitgawe is goeie en slegte nuus. Die moord op ’n dame in die Belfast distrik is weereens ’n bewys dat daar doelgerig moord gepleeg word om die blankedom uit te wis.
Die planne wat minister Sisulu maak om korrupsie uit te roei, mag dalk goeie planne wees. Ons het egter oor die afgelope byna twee dekades baie planne gesien – goeie planne – wat nie gewerk het nie omdat die wil ontbreek.
Die goeie nuus is dat wetenskaplikes wat ’n suksesvolle hartomleiding op varke gedoen het met volstruis are, seker is dat dit eersdaags gedoen kan word vir mense.
As ’n gesin se Kruger munte uit hulle huis gesteel word, dan besef ’n mens die noodsaaklikheid daarvan om kosbaarhede vir veilige bewaring te laat toesluit waar diewe en rowers nie kan kom nie.
Die terroriste aanval op ’n welbekende Boere-Afrikaner, mnr. Jan Botha en sy gade in die Fochville distrik, het duisende mense se woede laat opvlam. Gelukkig is mnr. Botha nie beseer nie, maar mev. Botha verkeer nog in die hospitaal.
Die gebeure in Oos-Transvaal het mense ontroerd gelaat toe vyf wilde perde met een weerligstraal dood geslaan is.
Die gebeure in die onderwys word deur ’n kundige ontleed in ’n spesiale verslag.
Daar is nog talle ander nuuswaardige berigte wat u aandag verg.
Ons boodskap aan u is: Wees waaksaam en versigtig. Die boosdoeners is gedurig op die uitkyk waar hulle kan steel en moor en hulle is gedurende die Kerstyd nog gevaarliker.
Lesers kan nog steeds van hulle laat hoor gedurende die vakansietyd.
Eerskomende Sondag is Geloftedag – maak seker dat u die Gelofte van Bloedrivier saam met u geliefdes nakom.
Redakteur
Meneer die Redakteur,
As oud-taalonderwyser soek ek hulp.
Saamgestelde begrippe soos”‘volstruis are”, “Kruger munte” “, terroriste aanval” en “Fochville distrik”, sou jare her, volgens die ou Germaanse taalbeginsel ook as een woord geskryf gewees het. Destyds is in ‘probleemgevalle’, verkies om, as jy twyfel, eerder vas as los te skryf. Deesdae, lyk dit my, is ons, as daar twyfel bestaan. geneig om eerder los te skryf [dus ‘n begrip as twee aparte woorde weer te gee.] Waarskynlik is dit onder die gehate Engels se invloed, wat juis in dié opsig anders as ‘Oud-Afrikaans’ is.
Volgens nuwere woordeboeke en spelreëls [ek het nog nie die nuutste(?) onder oë gehad nie, is daar al toegewings soos ‘weer eens’ x[=teenoor of naas] ‘weereens’, belang stel’ x ‘belangstel’ , maar darem nog net ‘belangstelling’, ens.
Lang en lomp samestellings [en klinkerkombinasies] bemoeilik soms wel die lees, maar daarvoor help die koppelteken [-] darem grootliks. Dus eerder ‘volstruis-are’, ‘terroriste-aanval’ en selfs ‘Fochville-distrik’ as dit moet, maar nooit “Kruger munte” nie. – Intussen verbaas ek my oor ‘hartomleiding’ wat sowaar as een woord geskryf is…
Taalgroete.
Tobie Hart
Goeiedag Tobie,
Ek stem saam, om taaltrots te bevorder, is dit ons taak om ons mooi taal so korrek as moontlik te gebruik.
Baie dankie, al is daar nuwe taalreëls wat van tyd tot tyd by kom, glo ek ons moet verhoed dat die “gehate Engels se invloed” weer die oorhand kry.
Boeregroete,
DuP
Dit is regtig gaaf dat hiedie kwessie opgehaal is. Die mode om die woord-uitdrukking van ‘n saamgestelde begrip as afsonderlike woorde te skryf, hinder my reeds lankal en dit gaan veral teen die grein om dit so dikwels in Die Vryburger tee te kom.
T.M. Hart sê hy soek hulp oor die kwessie. Ek sien dit eerder as ‘n baie diplomatiese manier van leiding gee in die verband. Nuwer is nie altyd beter nie en baie van die “nuwer” invloede op taalgebied is uiters liberaal en dien nie werklik ons volkskultuur nie. “Oud-Afrikaans” is vir my steeds meer logies en kultuur-gebonde.
As ‘n oud-leerling van T.M. Hart betuig ek graag weer my dank aan hom vir die standvastige en standhoudende beginsels wat hy, nie net op taalgebied nie, aan ons oorgedra het. Dit geld ook vir al die wonderlike onderwysers wat ons gehad het en by wie ons lewenslesse geleer het wat niks met ‘n sillabus te doen het nie.