Hoër lone, hoër voedsel pryse

Woordvoerders van Agri-SA het gesê hulle aanvaar die feit dat arbeiders se lone sal styg.

Hierdie uitspraak kom na aanleiding van die arbeids onluste in die Wes-Kaap waar vakbonde die onrus veroorsaak het deur grootskaalse intimidasie op plaaswerkers toe te pas. Die eis van R150 per dag as vergoeding vir arbeiders is gestel en antwoorde word afgewag deur vakbonde.

Intussen beplan die werkers om weer te begin met stakings en waarskynlik sal nog meer skade aan landbouers se eiendom aangebring word.

’n Woordvoerder van Oranje Sake Instituut (OSI) het aan Die Vryburger gesê dat die staking tot niks goed lei nie. Die feit van die saak is dat voedselpryse dienooreenkomstig gaan styg. Indien die pryse vir welke rede ook al nie styg nie, beteken dit dat landbou finaal nek omgedraai word in Suid-Afrika.

Die ander kant van die munt is ewe waar. Indien die voedselpryse styg, kan dit daartoe lei dat invoer ondernemings in Suid-Afrika gaan begin om voedsel op groot skaal in te voer. Dit gaan Suid-Afrika op ekonomiese terrein knak.

Hierdie nuwe wending op die landbougebied is baie duidelik leesbaar. Die ANC/SAKP het daarmee ten doel om die landbougrond op hierdie wyse in te palm, want boere gaan hulle lus om te boer, daarmee finaal verloor, het hy gesê.