Herdenking van Christus se geboorte


Vrede op aarde ….. dit is die bekende woorde wat elke Christen ken. Dit is nie die wêreldse vrede nie, maar die één Vrede wat saam met die Liefdesgebod ons lewens verander.

Die Kersfeestyd is ’n wonderlike tyd in ons lewens. Die kinders luister met eerbied na pa en ma se vertellings en kyk grootoog na die hele ervaring van geskenkies wat uitgedeel en in ontvangs geneem word.

Daar is kalmte in elke huishouding en ’n gesindheid het ontwikkel wat almal laat besef dat die Heer self teenwoordig is en Sy liefde aan ons openbaar….

Dit is die redaksie se wens dat elke leser van Die Vryburger ’n aangename Feestyd sal geniet. Dit is immers nie net Kersdag wat vir ons belangrik is nie – ons streef sekerlik daarna om elke dag ons lewens in te rig soos Hy dit van ons verwag – dat ons Sy koms sal herdenk, elke dag!

Die herdenking van die geboorte van Jesus is ’n gebeurtenis wat elke Christen ten diepste raak, want Hy het na hierdie wereld gekom om in te staan vir ons sondes, sodat ons die ewige lewe kan beërwe. Dit is ons grootste geskenk!

Geseënde Kersfees!

Redakteur