Heilbron word verbrand


In Heilbron word die inwoners en polisie die afgelope ses maande geteister deur ’n brandstigter wat maar net nie betrap word nie.

Die jongste voorval is in die oggendure beleef toe sewe voertuie by die polisiekantoor aan die brand gesteek is.

Dit volg nadat ’n onnoembare aantal voorvalle van brandstigting oor maande op die dorp plaasgevind het en wat maar net nie deur die polisie opgelos word nie.

Bespiegelinge dat dit die werk is van ’n reeks-brandstigter wat die dorp terroriseer.

Die jongste voorval van die voertuie wat in ’n brand verwoes is, beloop meer as R700,000-00.

Dit is private voertuie waarop die polisie vroeër beslag gelê het en wat by die polisiekantoor geskut is.

‘n Kenner in voorkoming van terrorisme is van mening dat die moontlikheid nie uitgesluit is dat die brande gestig word deur iemand naby aan die veiligheidsdienste op die dorp.

Die polisie word verantwoordelik gehou vir die skade want uiteindelik is die voertuie die eiendom van privaat besitters.