Harde Opera

Ten spyte van ‘n vyfjaar restorasieprogram wat die Switsers 30 miljoen francs gekos het, kla die publiek dat dit sitplekke van die operahuis in Lausanne nie sitvlak-vriendelik is nie.

Die opgradering het meer op die verhoog in infrastruktuur gekonsentreer. Moderne sitplekke sou nie net te duur gewees het nie, maar om dit te akkomodeer sou 200 sitplekke verwyder moes word. Die teater kan nie die verlies absorbeer nie.

Die direkteur van die operahuis het wel die mense beloof dat die kwessie aangespreek sal word; die enigste nadeel is dat hulle net 20 jaar daarvoor sal moet wag.