Groot medianetwerke se dae getel.

‘n Interessante berig deur die onafhanklike joernalis, Stuart Wilde, maak die bewering dat die groot medianetwerke se dae getel is. Volgens hom is die rede daarvoor dat netwerke soos NBC, ABC, CBS en CNN in ‘n terminale fase gaan agv hulle bevooroordeelde beriggewing in die Midde-Ooste en beskerming van pedofiele en ander perverte in hulle eie midde.

Elke paar dae is daar iemand van die BBC wat deur die polisie ondervra word vir oortredings van ‘n seksuele misdryf. CNN het 60% van sy kykers verloor. Intussen het Russia Today se kykers vertiendubbel. Stadig maar seker is die alternatiewe media besig om oor te neem en die pas aan te gee.

Hy gee die volgende voorbeeld: Indien jy ‘n Google soektog sou doen na die opskrif: “Israel bombs Gaza,” sal daar 12 miljoen bladsye in Engels wees en 12 miljoen in ander tale. Indien slegs 100 mense elke bladsy lees, gee dit ‘n lesertal van 2.5 biljoen kykers oor die onderwerp. Vergelyk dit met die New York Time se 4 miljoen lesers per dag.

‘n Suksesvolle TV-vertoning in Amerika het gewoonweg 20 miljoen kykers getrek. Volgens Stuart as die Google-besoeke 2.5 raakskote het per storie en daar is 6 belangrike nuusstories gedurende die week, bv. bankkorrupsie, pedofilia, EU-verval, ens. en dit word getel as 2.5A, 2.5B, 2.5C, ens. dan is die som duidelik: propoganda en leuens is 20 mijoen X 6. Vergelyk dit met die internet perspektief wat 6 X 2.5 biljoen = 15 biljoen kwant of hoeveelheid van inligting wat oorgedra word. Dis nou as iemand een gelese bladsy of een Youtube-kyk of een e-pos as ‘n kwant tel.

Hierdie getalle is oop vir verskillende interpretasies, maar daar is ‘n duidelike tendens. Die internet is goedkoop, terwyl die instandhouding van owerheidsleuens deur middel van televisie en gedrukte media miljarde kos.

Wilde sê dat slegs een gesindikeerde radiostasie wat spesialiseer in samsweringsteorië en regeringsbedrog trek daagliks 9 miljoen luisteraars, byna die helfte dus van ‘n top televisievertoning soos “Dallas.”

Daar is tienduisende soortgelyke internet radio en televisieprogramme dwarsoor die wêreld.

Volgens hom is die betogings wat tans wêreldwyd plaasvind, nie net in Griekeland, Spanje en Portugal nie, maar ook in Frankryk, Londen en van die Balkanlande die stem van gewone mense wat moeg is om deur die politici en banke gemelk te word; hulle kinders in nuttelose oorloë te verloor wat niks met ‘n vryheidsideaal te make het nie; staatsgesubsidieerde kriminaliteit; boewe in uniforms, dwelms en honderde ander maniere waarin vryheid aan bande gelê word.

Wat dus in werklikheid te sien is, is ‘n oorlog tussen die gewone man op straat en die industriële, militêre en politieke masjienerie (IMP) wat probeer om elke faset van die mense onder hulle te beheer en hulle verder te verslaaf.

Maar die mense is nie net dapper nie, maar ook slim. Hulle het die uitsaaisisteem uitoorlê en met hulle eie boodskap vervang. Die mars gaan voort.