Groot geld in onwettige wild handel

Die Wereld Natuurfonds meen dat onwettige handel in wild sowat $20 miljard (R175 miljard) per jaar beloop.

Dit is die vierde grootste onwettige bedryf in die wêreld. Dwelms is heel bo, dan volg vervalste produkte en daarna mensehandel.
Die probleem word vergroot weens die houding van sekere lande se regerings.

Peter Wittig van Duitsland het in die Verenigde Nasies gesê ‘n sterk vraag na renosterhoring en olifanttande speel ’n groot rol.

Die onwettige bedryf in wild is ’n bedreiging vir talle spesies. Dit bevorder kriminele netwerke se funksionering en hou ook gesondheidsrisiko’s in.