Groenland en Antarktika verloor vier triljoen ton ys

Meer as vier triljoen ton ys het in die afgelope 20 jaar in Groenland en Antarktika gesmelt. Dit dra by tot die styging van seevlakke en bied volgens ‘n studie tot op hede die belangrikste maatstaf vir die gevolge van klimaatsverandering.

Die studie het bevind dat alhoewel satelliet-data toon dat Oos-Antarktika ys wen, het Wes-Antarktika en die Antarktiese skiereiland al twee maal soveel ys verloor. Hierdie onlangse studie skets ‘n ontstellende prentjie van die huidige situasie by die pole.

Dertig verskillende ramings in Groenland en Antarktika dui aan dat die seevlak wissel van ‘n jaarlikse styging van 2mm tot ‘n daling in seevlak van 0,4mm. Groenland verloor tans vyf keer vinniger ys massa as in die vroeë 1990’s.

Die studie dui ook aan dat die wegkwyning van hierdie twee reuse ysplate daartoe gelei het dat die seevlak met 11mm in twintig jaar gestyg het.