Groeiende ANC verdeeldheid

Die grondwethof het beslis dat die Vrystaatse provinsiale verkiesings konferensie van die ANC ongeldig is. Dit beteken dat die Vrystaat nie stemreg het tydens die konferensie nie.

Ses lede van die ANC in dié provinsie het onlangs die hof genader omdat hulle die provinsiale uitvoerende komitee se geldigheid bevraagteken het.

Intussen het ’n radiostasie in Port Elizabeth berig dat dié provinsie nie by die ANC se nasionale verkiesingskongres in Bloemfontein verteenwoordig sal word nie.

Waarnemers is van mening dat dit ’n duidelike boodskap van diepliggende verdeeldheid uitstraal.